Ek skryf met Bloed en Bene

R510,00

Category

Description

Die digbundel, Ek skryf met bloed en bene, is deurspek met webwoorde, woordbeelde, Kafka en Nietzsche wat hande vashou en draf deur ﹸn vrou se mymeringe van haar onmiddellike leefwerêld se ontvouing in ﹸn komplekse land.

Dit bestaan uit gedigte, gedagtes, mymeringe, drome, aanhalings en beelde wat saam sing en dans in beide Afrikaans en Engels.

Hierdie bundel is ˊn versigtige samestelling van jare se skryf, teken en wonder. Hierdie gedigte se woorde en troos-ritmes lê diep in die hart van die digter geslaan en vertel van direkte ervarings van haar interaksies met die wêreld.

Louisa skryf en teken van jong’s af. Die skryf en die teken het altyd saam gebeur. Dit was ˊn manier om die werklikheid van elke dag se onverstaanbaarhede vas te hou. Dit was haar wiegie-liedjie en transionele troosmiddel. Dit was ˊn geheim, want niemand het geweet nie (so het die digter gedink, maar natuurlik het haar moeder Charlotte geweet, sy was self ﹸn skrywer).

Hierdie digbundel was verweef met die uitstalling van `n reeks kunswerke, getiteld The Red Line.

 

 

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Ek skryf met Bloed en Bene”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Stay Up to Date!

Subscribe to receive my weekly blogs and shop updates.

Suggested

More of my Creations