Description
In Skaarser-as-Skaarste Oewerkonyn van die Karoo, vertel Dr Louisa Punt-Fouché die storie van die amper uitgestorwe Oewerkonyn en van ʼn ou vroutjie met ʹn groot sagte hart, op ʼn plaas in die hart van die diep Karoo, in die skaduwee van die Swartberge. Die verweefde woordbeelde roer ons om te onthou om dit wat kosbaar is te bewaar. Sy het vir ongeveer dertig jaar gepraktiseer as kliniese sielkundige, klas gegee en navorsing gedoen in die veld van Jungiaanse sielkunde. Verder is sy ʼn kunstenaar, skrywer en behoeder en bewaarder van diere.
Sy het die illustrasies gedoen. Die idee was om woord en beeld te laat saamsmelt, tot ˊn metaforiese en allegoriese teenwoordigheid, wat altyd die deur van die onbewuste oopmaak. Die kleure van rooi, grys, swart en wit is onbewustelik ingevleg. Soos sy gewerk het, het gedagtes van die bedreiging van die lewensaar (‘Life-force’) in rooi gebeur, wat die opponerende gedagtepatrone van swart en wit, uitgedaag het tot integrasie, al beteken dit eers net die versagting tot grys. En iewers in die agtergrond, is die teenwoordigheid van die Groot Moeder in die monotipiese teksture duidelik (gedoen deur lino-en monoprints). Die kuns-en –woord-prosesse was nie uitgedink nie, maar eerder ˊn spontane geboorteproses van woord-en-beeld as ˊn heilige kuns-poësie-taal, wat altyd die stem van ons diep geborge essensiële wesens, sal oproep.
die bome dans soos jong meisies
en hulle sing saam met die
winde in die berg die liedjies
van die oewerkonyn
Reviews
There are no reviews yet.