Sy kom oor die berg

Louisa Punt-Fouché

Louisa Punt-Fouché

I

sy kom oor die berg
een oggend vroeg
ek sien haar in die spieël
oor my skouer
en wonder oor die lier
in die wilgerboom
’n oënskynlike onskuldige wolk
in die fatsoen van ’n harp
se kolk en draai
in die effe wind ongeërg
vanuit die ooste waai
dat die bokhorinkies
die slymbos en snotrosies
in die vlei daaronder
soos mense malleswaai
sy kom en sy skommel
haar grys hare in strepies wolke
donker punte en kolletjies goud
stamp haar stok
nou ’n linker-yster-been
in ’n gevlegte staalhok
sy is hier    sy is hier
haar stem is ’n drom wat grom
diep ondergronds die plate laat brom
skuif as die weerlig slaan
’n pad deur die onderbos
waar net feëtjies en elwe gaan
gannabos en kruidjie roer-my-nie
lê nou plat soos die renosterbos
koes vir die houe en hale
van elke gaap en spoeg
as vlae druppels water wind
die vrou van die berg
na onder die grond terg

II

sy is die aarde se bewe-roer
modder geglip deur die opening
afgegly in die gapende skeur
waar die skilpad met sy sirkel-rug
verbete weer na boontoe beur
stilte in die druppelbang
daar is al weer diep
onder die aarde ’n slang
sissend en soekend
na die onbewuste stroom
’n kaal maagdelike droom
waar nog ’n patroon
mag begin wiggel
onder haar regter groottoon
sy naai en weef
’n tapeserie van hom en haar
bo-oor die ou gebreekte lier se snaar

III

dit is donker en net die luiperd
en die bosvark kan haar sien
oploop met die berg
waar sy weer en weer
ons drome gaan vang
een vir een in ’n druppel ophang

Kantloper verdere notas – flappe

The Kantloper/Fringe Walker exhibition unfolded whilst writing a collection of poetry exploring the life of a child, a bird-woman and the progressive manifestation of the Fringe walker – a developing concept of a parallel androgynous life form that challenges everyday understanding of time and especially space – in multiple voices – a being that can stretch from earth to heaven, like bubble-gum – a being that can flirt and dance with infinity, also the sun, the stars and all the planets.

It is a synesthetic existence of a crossing of senses, where a new form of consciousness speaks in colours, smell, taste, music and textures of feeling and experiencing with a depth and width beyond human comprehension and possibility – a being that lives on the fringe of life, the edge of things, a place of constant interchange, traversing a multi-armed reality of spaciousness and vastness – an avatar or alter-ego or parallel existence, a new footprint on the shores of a struggling world in the twenty-first century –

Die Kantloper-bundel en beelde het gelyktydig ontwikkel as ’n wandelende weg van die menslike soeke, oorlewing en ontplooiing ( individuasie) op die aarde met al sy uitdagings – die stryd van ’n kind om al die interaksionele patrone van grootmense te verstaan, te kalibreer, te voel en te registreer – om van die kant af waar te neem, te leef.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00